Daaglikse Bybel Vers: Romeine 8:38-39
‘…geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende ding of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God ….’
– Hoe groot is ons Hemelse Vader se liefde vir ons.
– Sy liefde is ruim en kan nie gemeet word nie.
– Niks het die krag of vermoë om ons van Sy liefde vir ons te skei nie.
– Ons moet net ons harte open en Sy liefde vir onsself ontvang.
Gebed: Vader, ek reik my arms vandag uit en ontvang U groot liefde vir my. Ek verklaar dat my Verlosser en Here my lief het en dat niks my van hierdie liefde kan skei nie. Amen.