Daaglikse Bybel Vers: Romeine 8:26
‘En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, …’
– Die Here verlaat ons nooit nie maar Hy kom na ons toe om ons te help.
– Hy wil kom en jou hand neem en jou vashou.
– Hy kom om ons vas te hou veral wanneer ons swak en broos voel.
– In die proses kom Hy en versterk ons om in Sy krag te kan lewe.
Gebed: Vader, ek is so dankbaar om U in my lewe teenwoordig te hê. U is die een wat my hand neem en vir my die sterkte en krag gee wat ek nodig het. Amen.