‘En hy het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, …’
– Die beste ding om te doen gedurende moeilike tye, is om vas te hou aan die Woord van God.
– As twyfel en ongeloof wortel skiet, word ons fondasies ondermyn.
– Wankelrige fondamente lei tot onsekerheid op elke terrein van ons lewens.
– Moenie toelaat dat jou vertroue in God geskud word nie, moenie wankel nie, staan en glo.
Gebed: Vader, help my om vas te staan terwyl ek op U vertrou om my deur te dra. Ek verwerp twyfel en ongeloof in my lewe en in my hart. Ek kies om U en u beloftes aan my te glo. Amen.