‘En hy (Abraham) het nie deur ongeloof aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk deur die geloof en het aan God die eer gegee.’
– Ons moet nooit toelaat dat twyfel en ongeloof ons van ons vertroue in God, beroof nie.
– Twyfel en ongeloof sal ons laat struikel en val.
– God se belofte aan Abraham was groot en uiters onmoontlik.
– Abraham het deur geloof vasgehou omdat hy geweet het hoe groot en getrou God is.
Gebed: Vader, vandag kies ek om myself te herinner aan hoe groot en getrou U is. Ek kies geloof bo vrees en ek kies om te glo liewer as om te twyfel. Ek herinner myself daaraan hoe groot my God is en hoe U my kan help met my probleme en uitdagings. Amen.