‘Abraham het teen hoop op hoop geglo …’
– Ons gelowige wandel beteken dat ons glo en hoop, ongeag hoe dinge lyk.
– Hoop, in die aangesig van onmoontlikheid, is God se spesialiteit.
– Hierdie versekerde verwagting, in Sy getrouheid, is waaroor geloof gaan.
– Ongeag wat jy hoor, sien of dink, glo en hoop op sy goedheid.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan vertrou ten spyte van wat ek met my oë mag sien, met my ore mag hoor of in my gedagtes mag dink. Ek kan soos Abraham geloof hê, en ek kan in U glo en my hoop en vertroue in U plaas. Amen.