‘Want niemand van ons leef vir homself nie …’
– Ons lewens is onderling verbind met die lewens van ander.
– Dit behoort ons bewus te maak van die behoeftes van almal om ons.
– Jy kan ‘n seën wees in die lewens van mense in jou invloedsfeer.
– Moenie net vir jouself lewe nie, maar laat God jou gebruik om ander te help.
Gebed: Vader, mag U my lewe gebruik om ander se lewens aan te raak. Gebruik my en laat my lewe soos U hande en voete wees wat seën, vertroosting en hoop bring aan diegene wat dit die nodigste het. Amen.