Toe roep Simson die Here aan en sê: Here, Here, dink tog aan my en versterk my ...’
– In Simson se laagste en donkerste oomblikke het Hy die Here aangeroep.
– Met al sy foute en mislukkings, het die Here hom nogsteeds onthou.
– Selfs in sy laaste oomblikke was die Here met hom om hom te versterk.
– Hoe dit ook al sy, die Here is met jou, Hy onthou jou en gee jou krag.
Gebed: Vader, ek roep U op hierdie oomblik aan, en ek vra dat U my sal onthou en dat U my sal versterk. U is my Here en Verlosser, U het my nooit verlaat of versaak nie. Ek maak staat op U! Amen.