‘Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en ‘n seun baar.’
– Ons grootste uitdagings is nie vir die Here onmoonlikhede nie.
– Dinge mag onmoontlik lyk, asof dit nie ‘n realiteit kan word nie.
– Maar die Here is die Een wat die finale seggenskap oor al jou uitdagings het.
– Hy kan enige tyd, op enige oomblik, intree en dinge verander – HY kan!
Gebed: Vader, ek gee U al die areas van my lewe wat onmoontlik lyk en wat nie kan verander nie, wetende dat niks vir U te moeilik is nie. Amen.