‘Maar die Here is ‘n Rotsvesting vir my, en my God die Rots van my Toevlug.’
– Ons kan ons afhanklikheid op die Here laat groei en ontwikkel.
– Ons kan elke dag weer op Hom vertrou en meer op Hom staatmaak.
– Hy wil jou Vesting, jou Rotsvesting en jou Toevlug word.
– Hy wag vir ons om volkome met ons harte op Hom te vertrou.
Gebed: Vader, ek kies om op U te steun en afhanklik te wees van U wysheid en begrip vir my situasie. Help my om nie op my eie idees en opinies staat te maak nie, maar laat my na U toe hardloop, my Vesting en my Toevlug. Amen.