‘Ek sal tot die Here sê: My toevlug en my bergvesting, my God op wie ek vertrou.’
– Ons moet by die punt kom waar ons besluit dat God ons toevlug is.
– Dit is ‘n plek waar ons ophou om by ander dinge oplossings te soek en Hom begin aanroep,
– Het jy al ooit beslis besluit dat die Here jou toevlug is?
– Kom ons wees beslis en laat ons op Hom vertrou.
Gebed: Vader, ek besluit en verklaar vandag dat U my toevlug en my vesting is. Ek sal op U staatmaak vir alles wat ek nodig het, en ek sal met my hele hart op U vertrou. Amen.