‘Hy sal My aanroep, en Ek sal hom verhoor; in die nood sal Ek by hom wees; Ek sal hom uitred en eer aan hom gee.’
– Die Here beplan wonderlike ingrypings vir die wat Hom lief het.
– Hy belowe om die wat Hom aanroep te verhoor.
– Hy onderneem om met almal wat moeilikheid teëkom, te wees.
– Hy gee ons die versekering dat Hy ons sal verlos en eer.
Gebed: Vader, ek roep U vandag aan. U ken my situasie en my bekommernisse en sorge. Ek laat dit alles in U almagtige hande en ek sien met afwagting uit na die antwoorde en deurbrake wat U sal voorsien. Amen.