‘want Hy sal Sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou weë.’
– O, hoe groot is die Here se liefde en sorg vir my en vir jou.
– Hy sal ons nooit verlaat nie en Hy sal Sy engele aangaande ons bevel gee.
– As Sy getroue kinders is ons onder Sy konstante sorg.
– In Sy liefde en sorg vir ons sal Hy ons lei en bewaar op AL ons weë.
Gebed: Vader, dankie vir die manier waarop U vir my sorg. Dankie dat U my beskerm, U bewaar my en U verdedig my en daarom kan ek rus in die veiligheid van U teenwoordigheid in my lewe. Amen.