‘Nogtans is ek altyddeur by U; U het my regterhand gevat.’
– In ‘n tyd waarin sosiale kontak ontmoedig word, hou die Here jou vas.
– Hy neem jou hand en hou jou styf vas in sy sorg.
– Terwyl Hy ons vashou, is dit moeilik om te gly en te val.
– Terwyl Hy jou vashou, hoef jy nie bang of moedeloos te wees nie.
Gebed: Vader, dankie vir u hand wat my hand en my lewe vashou . Ek bid dat U my sal vasgryp, en styf sal vashou, en mag ek elke dag die realiteit van u teenwoordigheid en u vrede, ken. Amen.