‘Want U is my verwagting, Here Here, my vertroue van my jeug af.’
– Die Here wil jou hoop en jou vertroue in die lewe wees.
– Jou hoop kan groei namate jy op die Here as ‘n leefstyl, vertrou.
– Dit is nooit te laat om op Hom te begin vertrou nie.
– Jou situasie is nie ‘n verlore saak nie, want die Here sal dinge nogsteeds omdraai.
Gebed: Vader, ek plaas vandag my geloof en my vertroue opnuut in U. U, o Here, is my Bron van hoop en vertroue en ek kies om ‘n leefstyl te geniet waarin ek op U vertrou. Amen.