‘Vertrou op Hom altyd, … God is ‘n Toevlug vir ons.’
– Ons het Iemand na Wie ons kan gaan wanneer ons probleme ondervind.
– Ons het die Here, wat ons Toevlug en ons plek van veiligheid is.
– Daarom kan ons te ALLE tye op Hom vertrou en op Hom staatmaak.
– Hy bied jou die sekuriteit en toevlug wat jy nodig het, nou aan!
Gebed: Vader, ek kies om my veiligheid en sekuriteit slegs in U te vind. Ek neem ‘n kwaliteit besluit om volkome op U te vertrou, wetende dat U my Toevlug is en dat U vir my sal sorg. Amen.