Daaglikse Bybel Vers: Psalm 61:3
‘Van die einde van die wêreld af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op ‘n rots wat vir my te hoog is.’’
– Wanneer ons harte oorweldig word het ons iemand op wie ons kan reken.
– Wanneer ons verlate en alleen voel, het ons iemand wat ons kan aanroep
– Ons het ‘n God wat luister en elke gebed van ons hoor.
– HY sal ons deur die storm bring en ons voete op soliede grond plaas.
Gebed: Vader, ek roep U vandag aan. U is my hoop en my redding. Lei my deur my situasie en plaas my voete op die rots. Amen.