‘Werp jou sorg op die HERE, en Hy sal jou onderhou; Hy sal nooit die regverdige laat wankel nie.’
– Moenie laste en sorge dra wat die Here onderneem het om namens jou te dra nie.
– Gee jou laste, sorge en bekommernisse vir die Here.
– Neem ‘n oomblik en lê hulle aan die voet van Sy kruis neer.
– Raak ontslae van die gewig daarvan en lewe in die vryheid wat Hy jou gee!
Gebed: Vader, in hierdie heilige oomlik, neem ek alles waaroor ek bekommerd en gestres is en lê dit voor U voete neer. Mag ek die ontheffing en die vryheid ondervind wat kom daarvan dat ek weet dat U vir my sorg, dra en onderhou. Amen.