‘o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!’
– Elkeen van ons moet tyd maak om tot die Here om hulp te roep.
– Vroeër of later beland ons almal in situasies wat ‘Goddelike ingryping’ vereis.’
– Dit is in sulke oomblikke dat ons kan stil raak en die Here aanroep.
– Hy sal ingryp, Hy sal intree, Hy sal jou red en jou bevestig.
Gebed: Vader, dankie dat ek U kan aanroep en dat ek deur U Naam die vertroue kan hê om te weet dat U by my is, dat U my sal red, en dat U vir my ‘n reguit pad sal stel. Amen.