Daaglikse Bybel Vers: Psalm 4:9
‘Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.’
– Die Here wil hê dat ons Sy vrede in ons lewens sal ken en geniet.
– Sy belofte is dat Hy ons Sy vrede in ons daaglikse lewens sal gee.
– Selfs wanneer ons slaap kan ons weet dat Sy vrede ‘n realiteit is.
– Mag Hy jou vul met Sy vrede en ‘n gevoel van sekuriteit wat net Hy kan gee!
Gebed: Vader, ek ontvang die gawe en die belofte van vrede in my lewe wat slegs van U kan kom. Vul my nou met U vrede en beskerm my, dit vra ek U. Amen.