‘dat hierdie God onse God is, vir ewig en altyd; Hý sal ons lei tot die dood toe.’
– Daar is iets so wonderlik aan die getrouheid van God.
– Dit is hoe God is – Hy is ons God vir ewig en altyd.
– Hy sal ons deur elke aspek van die lewe lei, tot aan die einde van die lewe.
– Ons hoef nie aan Sy karakter en Sy beloftes aan ons, te twyfel nie.
Gebed: Vader, dankie dat U MY God is en dat ek kan weet dat U met my sal wees, ongeag wat ek moet trotseer of deurmaak. Ek sal nie vrees nie, want U is altyd met my, om my te troos en te lei. Amen.