‘Die Here van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons.’
– Jy is nie alleen nie, en jy is nie verlaat nie, die Here is met jou.
– Die Here is magtig, bekwaam en kragtiger as dit wat jy moet hanteer.
– Die Here van die Hemel se Leërs is hier met jou.
– Hy is jou plek van veiligheid, Hy is jou vesting en Hy is jou sterkte.
Gebed: Vader, U is hier by my. Ek is so geseënd om te weet dat U hier is, nie ver weg nie, maar hier met my! Ek sal na U toe hardloop omdat U my vesting en my krag is. Amen.