‘…Hoop op God, want ek sal Hom nog loof — die verlossing van my aangesig en my God!’
– Ontmoediging kan ons vertroue in God ondermyn.
– Maar ons kan elke dag weer ons hoop op Hom plaas.
– Om met Sy hoop in ons siele te lewe, is ons reddende genade.
– Hy gee ons rede om te glo dat die beste nog voorlê.
Gebed: Vader, ek plaas weereens my hoop op U. Omring my met die hoop wat U alleen kan gee. Vul my met vertroue en krag terwyl ek op my hoop wat van U afkomstig is, vertrou. Amen.