Daaglikse Bybel Vers: Psalm 40:6
‘Groot dinge het U gedoen, HERE my God – u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.’
– As ons terugkyk op God se getrouheid, het ons almal iets waarvoor ons dankie kan sê.
– Onthou, vir ‘n oomblik, wat Hy vir jou gedoen het, en sê dankie!
– Sy getrouheid reik tot binne die verlede en dra ons tot binne die toekoms.
– Sy planne vir jou môre sluit ‘n toekoms en ‘n hoop in Hom in.
Gebed: Vader, dankie vir al die wonderlike dinge wat U gedoen het. Ek juig oor U getrouheid en ek sien uit met verwagting na die dinge wat U vir my voorberei het. Amen.