‘Ek het die Here lank verwag, en Hy het Hom na my toe neergebuig en my hulpgeroep gehoor;’
– Soms moet ons geduldig wees voordat ons die antwoord en die deurbraak sien.
– Net omdat daar ‘n vertraging is, beteken dit nie dat jou versoek geweier is nie.
– Binne Sy perfekte tydsberekening sal Hy doen wat Hy onderneem het om te doen.
– Hy hoor elke hulpgeroep van jou, en Hy is van plan om jou te antwoord en te help.
Gebed: Vader, terwyl ek met vertroue op U ingryping in my lewe wag, weet ek verseker dat U met my is, en U sal meer doen as wat ek selfs kon vra of my verbeel. Amen.