‘en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.’
– Wanneer ons die Here eerste plaas in ons lewens, kan vele wonderlike dinge gebeur.
– Ons verhouding met die Here moet ‘n bron van groot vreugde in ons lewens wees.
– As ons, ons vreugde en vervulling in Hom vind, maak Hy die onmoontlike moontlik.
– Hy het jou lief en Hy wil jou begeertes en geheime verlange vervul.
Gebed: Vader, ek kies om myself in U te verlustig. U is die Een wat my laste kan ophef, my hart genees, en dit vir my moontlik maak om die dinge waarvoor ek so heimlik smag, te sien. Amen.