‘Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in Sy weg.’
– Ek wil jou daaraan herinner dat die Here jou voetstappe wil orden en rig.
– Wanneer ons nie weet wat om te doen nie, lei en rig Hy nogsteeds.
– Trouens, die Here skep behae daarin om jou te help en om vir jou die pad te wys.
– Vertrou dus op God se leiding in jou lewe.
Gebed: Vader, dank U dat U belangstel en betrokke is in die rigting wat my lewe inneem. Ek bid dat U my treë so sal orden dat my lewe, en my lewenspad, vir U aangenaam en eerbaar sal wees. Amen.