‘Maar U, Here, is ‘n skild wat my beskut, …’
– Die Here is jou Beskermer en jou Skild.
– ‘n Skild word deur ‘n krygsman gedra vir verdediging en beskerming.
– Die Here is dit vir jou, en Hy omring jou met Sy beskerming.
– Wat die lewe ookal mag bring, Hy is jou Skild en jou Verdediger.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my omring en ek kan binne U kring van beskerming en hoop, lewe. U sal my deur die lewe en tot in ewigheid dra en verdedig. Amen.