‘Die Engel van die Here trek ‘n laer rondom die wat Hom vrees, en red hulle uit.’
– Jy kan die omhelsende en voortdurende teenwoordigheid van God in jou lewe ken.
– Hy is jou Verlosser en jou Trooster.
– Jy kan sonder enige twyfel, weet dat Hy met jou is.
– Jy kan veilig voel en rus, want Hy sal vir jou sorg.
Gebed: Vader, ek besef dat U die Een is wat vir my sorg. U hef my op en omring my met U liefde en goedertierenheid. Ek sal op U vertrou en ek sal nie vrees nie. Amen.