Daaglikse Bybel Vers: Psalm 33:21
‘want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou’
– Om in God te vertrou bring Sy hulp in ons omstandighede.
– Die uitvloei daarvan om Hom te vertrou is dat Hy kan werk en vir ons verlossing bring.
– Wanneer ons sien wat Hy gedoen het gee dit vir ons rede om te juig en bly te wees.
– Kom ons juig in Sy magtige krag en Sy getrouheid in elke belofte.
Gebed: Vader, my hart is verheug in U. My vertroue, my verwagtinge en my geloof is in U, my Here en my God. Amen.