‘ … maar hy wat op die Here vertrou — met goedertierenheid sal Hy hom omring.’
– Jy kan seker wees; jy kan hoopvol wees en jy kan op die Here vertrou.
– Jy kan ophou weghardloop en jy kan uitreik na die Een wat jy kan vertrou.
– Wanneer jy op Hom vertrou, kan Sy vrede jou werklikheid word.
– Op daardie oomblik kan jy Sy onfeilbare liefde rondom jou ken en geniet.
Gebed: Vader, dankie vir U onfeilbare, en U onwrikbare liefde vir my. Ek kies om my aan U te onderwerp en U met my hele hart te vertrou. Kom Here, en omring my met U liefde. Amen.