‘O, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!’
– Kan jy die prentjie sien: ‘Die Here is besig om sy seën vir jou weg te lê!’
– Terwyl jy tot Sy eer lewe en in Hom vertrou, berei Hy seëninge vir jou voor.
– Dit is Sy plan om sy guns en seën oor jou lewe uit te giet.
– Soek skuiling by Hom, vertrou Hom en Hy sal jou voor die hele mensdom seën.
Gebed: Here, ek vertrou tenvolle op U. U is my skuilplek en my beskerming. Mag ek U goedheid, guns en seën oor my lewe ondervind. Amen.