‘…….; saans vernag die geween, maar smôrens is daar gejuig.’
– Probleme en hartseer kan ons lewens raak, maar dit is nie permanent nie.
– Die plan van die Here vir ons is dat vreugde sal terugkeer, net so seker soos die oggend.
– As Sy vreugde ons harte en lewens binnedring, moet smart verdwyn.
– Omhels Sy blywende vreugde en verwelkom dit in jou lewe!
Gebed: Vader, dankie vir die belofte van vreugde in my lewe wat alle geween en verdriet sal verdryf. Ek ontvang die vreugde wat U in my lewe bring. Amen.