‘Hy steek my weg in Sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van Sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.’
– In tye van benoudheid kan ons seker wees dat die Here nog daar met ons is.
– Trouens, Hy bied ons Sy veilige woning en Sy heilige skuiling aan.
– Hy sal jou deurbring, deur die uitdagings en moeilikhede wat jy moet trotseer.
– Hy sal jou oplig en jou voete op Sy vaste fondament, op die rots plaas.
Gebed: Vader, dank U dat ongeag wat ek moet hanteer, U daar is en U bied my die sekuriteit en veiligheid wat ek so broodnodig het. Ek vra dat U my sal ophef en my voete op die vaste grond van U liefde en sorg sal plaas. Amen.