‘Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees?’
– Die Here is jou lig, wat jou deur die lewe lei.
– Die Here is jou reddende krag wat jou uit die put oplig.
– As die Here dit vir jou wil doen – wat het jy om te vrees?
– Sy teenwoordigheid en krag sal jou dra en onderhou.
Gebed: Here, dank U dat U, MY lig en verlossing is. Net om te weet dat U met my is, gee my die krag en die moed om aan te gaan. Mag vrees nooit my lewe oorheers nie want U is hier met my. Amen.