Daaglikse Bybel Vers: Psalm 20:8
‘Sommige roem op strydwaens en ander op perde, maar òns sal roem op die Naam van die HERE onse God.’
– Perde en strydwaens verteenwoordig fisiese krag en vermoë.
– Sommige mense plaas hulle vertroue in menslike sterkte, krag en vindingrykheid.
– Ons moenie ons vertroue in menslike krag en vermoë plaas nie.
– Ons moet in die Here ons God vertrou, in Sy goedheid, in Sy wysheid en in Sy krag.
Gebed: Vader, ek verkies om my vertroue in U te plaas. Ek sal nie rondom my kyk vir my hulp nie. My hulp kom van U, die skepper van die hemel en die aarde. Amen.