‘Mag Hy u gee na u hart en al u voornemens vervul!’
– Hoe wonderlik is dit nie, om te weet dat die Here die begeertes van ons harte ken nie.
– Hy ken nie net die begeertes van ons harte nie, maar Hy wil dit ook aan ons gee.
– Jou hemelse Vader het jou lief genoeg om jou begeertes moontlik te maak.
– Vra Hom vir daardie verlange en begeertes, en mag Hy jou verhoor.
Gebed: Vader, dankie vir U groot hart en liefde vir my. Ek plaas my begeertes en verlange in U veilige hande, wetende dat dit in U hart is om dit aan my te gee. Amen.