Daaglikse Bybel Vers: Psalm 18:3
‘Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; …’
– Die Here is jou ‘veilige plek’, jou veilige vesting en jou verlosser.
– Hy is jou rots op wie jy kan vertrou.
– In ‘n onstabiele en onveilige wêreld, het ons Hom meer as ooit tevore nodig.
– Skuil in Hom en plaas jou vertroue en geloof in Hom!
Gebed: Vader, U is waarlik my ‘veilige plek’. Dit is so ‘n vreugde om in U arms in te hardloop, wetende dat ek daar sekuur en veilig kan wees. Amen.