‘Want U laat my lamp skyn; die Here my God laat my duisternis opklaar.’
– Die Here wil jou ‘vonk van hoop’ binne jou, lewendig hou.
– Dit is nooit Sy plan vir ons om deur die duisternis oorweldig te word nie.
– Hy sal jou duisternis in lig verander.
– Met die Here in ons lewens is daar altyd lig en dit oorwin die duisternis.
Gebed: Vader, dankie dat U die Een is wat die lig in my siel laat aanhou skyn. Ek het hoop en ek het vertroue omdat U met my is, en geen moedeloosheid sal my oorwin of oorweldig nie. Amen.