‘… stormwind wat sy woord volbring;’
– Die Here kan die storms en stormwinde wat ons in die gesig staar, gebruik om Sy doel te bereik.
– Miskien het jy op ‘n rustige lewe, met ‘n sagte briesie wat jou dra, gehoop?
– Die waarheid is dat die lewe sy eie deel van storms meebring.
– Hy sal ons daardeur bring as ons verby die storm kyk en op Hom vertrou!
Gebed: Vader, tenspyte van die omstandighede waarmee ek te kampe het, sal ek dit waag om op U te vertrou. Ek besef vandag dat selfs die storms waarmee ek stoei, hulpmiddels in u hand kan wees om u planne vir my lewe te volbring. Amen.