‘Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.’
– Daar is geen toestand of situasie wat God nie kan herstel nie.
– Dit mag dalk vir ons donker en onmoontlik lyk, maar God is baie groter.
– Om gebroke harte te genees en wonde te verbind, is Sy spesialiteit.
– Gee Hom al daardie areas van jou lewe en vra Hom om jou te genees en te herstel.
Gebed: Vader, dank U dat U die magtige heler en hersteller is. Daar is niks wat vir U te moeilik is om aan te raak en te verander nie. Ek vra dus dat U my lewe sal aanraak. Ek bid dat U elke deel van my sal genees en herstel. Amen.