Daaglikse Bybel Vers: Psalm 146:8
‘…; die Here rig die wat geboë is, op;….’
– Soms kan die gewig van die lewe en al sy probleme ons af trek.
– Die Here wil aan almal wat na Hom toe kom ‘n helpende hand gee.
– Hy wil die gewig van ons bekommernisse en sorge af lig.
– Hy wil ons hoofde op lig en ons help om regop te staan terwyl ons Hom vertrou.
Gebed: Here, U ken elke gewig, probleem en bekommernis wat ek dra. Ek bid dat U sal kom en die las van my skouers sal af lig en my sal help om regop te staan in U krag. Amen.