‘Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.’
– Die Here is jou Voorsiener.
– Hy is ten volle bewus van alles wat jy moet hanteer en deurgaan.
– Hy hoor elke keer as jy na Hom om hulp roep.
– Hy voorsien in jou behoeftes en Hy tree in om jou te red.
Gebed: Vader, dit is ‘n vreugde om te weet dat U met my is en dat U die begeertes van my hart kom vervul en daardie dinge wat ek elke dag nodig het, voorsien. Dankie dat U my hoor en dat U my in U arms dra. Amen.