‘Maar ek – op u goedertierenheid vertrou ek my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.’
– Die Here verwag dat ons met ons hele hart op Hom sal vertrou.
– Ons kan op Hom vertrou tenspyte van hoe die omstandighede teen ons is.
– Ons kan vertrou omdat ons weet dat Hy ons met ‘n onverganklike liefde, lief het.
– Ons kan juig want Hy sal ons nie verlaat nie, Hy sal ons red!
Gebed: Vader, Dankie vir U volmaakte liefde vir my. Dankie dat U liefde my nooit sal faal nie. U sal my krag wees en U sal my deurdra om U goedheid in my lewe te fier. Amen.