‘Die woorde van die Here is rein woorde, silwer wat gelouter is in ‘n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.’
– As God praat, kan ons weet dat sy woorde seker en gewaarborg is.
– Sy woorde is suiwer, getoets deur vuur, en woorde waarop ons volkome kan staatmaak.
– Menslike woorde is swak, trots en kom uit harte besmet deur sonde.
– Sy woorde is soos suiwer silwer, mooi, verrykend en onbesoedeld.
Gebed: Vader, dankie dat elke woord wat uit u mond uitgaan suiwer en beproef is, en daarom tenvolle vertroubaar is, en volkome betroubaar, ten spyte van die omstandighede. Amen.