‘Hy loop … en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.’
– Die lewe gee ons die geleentheid om saad wat ‘n oes sal bring, te saai.
– Ons kan mense wees wat God se genade en goedertierenheid aan ander uitdeel.
– Ons dra almal saad binne ons, maar vir dit om te werk moet ons dit saai en plant.
– Dit is dalk nie maklik nie, maar die resultate sal ‘n oes en groot vreugde wees!
Gebed: Vader, mag my lewe uitgestort word soos ‘n saad wat gesaai word. Mag ek ‘n oes sien en met liedere van vreugde gevul word, terwyl ek kyk en die vrugte sien wat U sal voortbring as gevolg van my saai en plant. Amen.