‘Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die Here wat hemel en aarde gemaak het.’
– Waarop vertrou jy, vir die hulp en die krag wat jy benodig?
– Ons moet ons oë bo aardse hulp verhef, na die Een wat die aarde gemaak het.
– Ons moet met vertroue leef, wetende dat ons hulp van HOM kom.
– Hy sal jou red; Hy sal jou verhef, en Hy sal ‘n weg oop maak!
Gebed: Vader, ek sal my oë na U op slaan met die wete dat my hulp van U kom. U vrede, gee U my in tye van storms. U is die bron van my krag en U is die krag van my lewe. Amen.