‘U is goed en doen goed;’
– Die Here is altyd goed.
– Hy sal vir jou goed wees, selfs gedurende die storms van die lewe.
– Hy is ‘n Baie, Goeie Vader wat jou liefhet en vir jou sorg.
– Glo dus in Sy goedertierenheid en aanvaar Sy goedheid en barmhartigheid teenoor jou.
Gebed: Vader, ek verklaar dat U goed is! U is my Baie, Goeie Vader. U aard en U karakter is goedheid en hierdie goedheid is iets wat ek vandag in my lewe kan ervaar. Ek ontvang U goedheid en guns nou dadelik in my lewe. Amen.