‘U Woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.’
– Die Here wil jou lei en rig op die lewenspad.
– Ons word nie aan ons eie lot oorgelaat nie.
– Hy wil ons treë lei en ons die regte rigting wys.
– Hy wil ons wys in watter rigting ons moet gaan en Hy wil saam met ons op die pad loop.
Gebed: Vader, dankie vir die lamp wat U vir my voetstappe gee. Dankie vir die lig wat U op my pad skyn. Ek ontvang u lewende Woord in my hart, sodat ek die pad sal volg wat U vir my voorberei het. Amen.