‘Die Here is vír my, ek sal nie vrees nie: wat kan ‘n mens my doen?’
– Die Here is jou Helper en Hy is die een wat jou saak verdedig.
– Jy hoef niks te vrees nie, God is magtiger as enige probleem of vyand.
– Wat kan enigeen aan jou doen wat God nie kan keer of ongedaan maak nie?
– Die Here is aan jou kant, Hy weet alles, gee baie om en is baie lief vir jou!
Gebed: Vader, wat ‘n vreugde is dit nie om te weet dat U aan my kant is en nie teen my is nie. Ek sal nie vrees nie, want U is groter as enigiets wat ek moet hanteer of waarmee ek uitgedaag kan word, en U sal my help. Amen.