‘U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog.’
– Dit is ‘n vreugde om oor God te kan praat as ‘MY GOD!
– Kan jy met jou hele hart sê dat Hy jou God is?
– Laat ons weer ons harte oopmaak en Hom opnuut op ‘n persoonlike vlak ontvang.
– Dan sal ons waarlik God ons Verlosser kan vier en in Hom verheug wees.
Gebed: Vader, weereens stel ek my geloof en hoop op U, my Here en my God. Ek maak my hart en lewe oop om U in al U glorie en mag te ontvang. Ek vier die feit dat U MY God is. Amen.